cantando@bloem
cantando@bloem is gestig om volwasse koorsangers van Bloemfontein 'n geleentheid te bied om uiting aan hul liefde vir koorsang en musiek te gee.
Die koor het 'n eklektiese reportorium wat baie gewyde koorwerke insluit.
Nuus
Suksesvolle Uitvoering 1,2 Junie 2024
Op 1 en 2 Junie 2024 het die cantando@Bloem gemeenskapkoor (o.l.v. dr Louis van der Watt) en die Rhapsody Orkes (o.l.v. Heinrich Lategan) kragte saamgesnoer tydens die aanbieding van 'Romance and Royals' in die Odeion. Bloemfontein se musiekliefhebbers het in groot getalle gaan luister.
Die uitvoering van twee van Händel se gewyde werke, naamlik Dettingen Anthem en Zadok the Priest, het onder die bekwame leiding van die gasdirigent, Lance Phillips, plaasgevind. Die werke is deur die dirigent self as elegant, grasieus, passievol en vol koninklike waardigheid beskryf. Laasgenoemde redelik onbekende werk is meer onlangs in 2023 uitgevoer as die gewyde lofsang tydens Koning Charles lll van Engeland se kroningsplegtigheid, maar is tradisioneel ook uitgevoer by die kroning van elke koninklike monarg sedert 1727.
...
Read MoreOudisies
Navrae kan gerig word aan cantando.bloem@gmail.com
Oudisies vir nuwe lede word in Februarie en Junie (indien nodig) van elke jaar gehou. Navrae kan gerig word aan cantando.bloem@gmail.com
Oefentye
Die koor oefen elke Dinsdagaand (18:30 -20:30) en stemgroepe bepaal addisionele oefentye soos nodig.
Optredes
Die koor tree op uitnodiging op by toepaslike koorsanggeleenthede en godsdienstige organisasies (kerkdienste), en bied jaarliks konserte van uitstaande gehalte aan. Navrae kan gerig word aan cantando.bloem@gmail.com