Voor 'n stampvol katedraal het cantando@bloem hul Herfskonsert 2019 aangebied. Kaartjies was uitverkoop, en dit was 'n groot plesier om weereens voor so 'n waarderende gehoor op te tree met Werner Stander as dirigent en Maretha Steyn as begeleier.