Nuus

Cantando Jaarafsluiting

Na 'n hoogtepuntjaar het cantando@bloem op 22 November 2016 die jaar baie gesellig afgesluit met n heerlike skaapspitbraai met 'n Die Wilde Weste tema.
Ons sien baie uit na 2017, met n lekker vol program. Om deel te wees van die cantando@bloem familie, is voorwaar n heerlike voorreg.

Ladybrand optrede

Die koor se laaste formele optrede vir 2016 was as gaste van die Ladybird Internasionale Kunsteakedemie op Ladybrand. Instrumentaliste van hierdie akedemie het die eerste halfte van die program van die konsert "Cherrie on Top" aangebied, en cantando@bloem die tweede halfte van die program, waarna die koor weer 'n staande ovasie ontvang het. Ons hartlike dank aan ons dirigent, Werner Stander, vir die afgelope jaar se afrigting en leiding, en Maretha Steyn vir puik begeleiding.